Die skrywer – Johann Lemmer 

Dr. Johann Lemmer

Dr. Johann Lemmer, voormalige teoloog, man met dubbelle doktors graad en internasionaal erkende seksuoloog, is die regte persoon om die boek te skryf omdat:

  • hy elke dag saam met Cezanne in die hof was
  • hy as deskundige raadgewer aan haar regspan meer as 6000 bladsye van die hofrol moes bestudeer
  • hy, as een van díe kundiges in die wêreld op seksuele sadisme, Dirk Prinsloo as sadis geklassifiseer het
  • hy was Cezanne se professionele berader
  • hy was Cezanne se stiefpa

Soos in ’n drama het elke karakter ’n rol. Op ’n aangrypende wyse ontvou die drama.  Die twee hoofrolspelers is Dirk Prinsloo en Cezanne Visser. Prinsloo is van die eerste oomblik af die man in beheer. 

Hy draai almal pynlik om sy pinkie.  Hy hiet en gebied en sy wil geskied. Cezanne was vir hom ’n heerlike teiken. Hy was die pottebakker en sy die klei.  Hy het haar (mis)vorm na sy beeld en gelykenis.  Sy het geword wat sy nie is nie: klei in sy hande en hy het met haar gedoen wat hy wou.  Hy het haar veral op seksuele gebied misbruik, misvorm en haar vir sy nare doeleindes gebruik.

Johann Lemmer slaag uitmuntend daarin om die tragiese drama van mense lewens te beskryf.  Hy gee ook ’n ewewigtige beeld van die verloop en die afloop van die hofsaak.  Met empatie en deernis maak hy ouers en jongmense se oë oop vir mense soos Dirk Prinsloo.

Dié boek van Johann Lemmer moet gelees word en daar moet daaroor diep nagedink word.

Die sagteband weergawe is in die boekhandel beskikbaar of kan bestel word by Sexology SA.